Menu

Menu 8. Huisreëls, Bepalings en Voorwaardes

NATUUR

Ons doel is om 'n veilige en rustige hawe, "sanctuary", aan die natuur en die natuurliefhebbers te bied, daarom vra ons alle gaste om die ongelooflike voorreg wat ons het om tyd deur te bring in en tussen die fauna en flora van hierdie bergwoudgebied te respekteer. Help ons asseblief om die geraasvlakke op die perseel so laag moontlik te hou om die aantreklikheid van die plekkie vir wilde voëls en klein wild in die omgewing te behou.

COVID-19

Ons maak die gaste-eenheid, alle oppervlaktes en fasiliteite skoon en ontsmet voordat u aankom, en ons vra dat u die gesondheids- en veiligheidsriglyne nakom om die verspreiding van COVID-19 te voorkom.

SELFSORG EN SELFDIENS

Vir u veiligheid is u welkom om u eie beddegoed saam te bring alhoewel ons basiese beddegoed voorsien, soos lakens, duvé en kussings. Bring asseblief u eie toiletware saam.

GEEN ROOK EN GEEN TROETELDIER NIE

Die gastehuis is 'n nie-rook area en ons vra u om ons te help met die beskerming van 'n omgewingsvriendelike area vir wilde diere en mense. Geen troeteldiere word ook toegelaat nie.


Huisreëls

Let wel dat gaste alle bepalings en voorwaardes soos voorsien deur die instansie moet aanvaar wanneer hulle bespreek. 
Verblyf is op 'n self-catering en selfsorgbasis.
Gaste moet asseblief hul eie toiletware saambring.
Let wel dat die eienaar in ‘n aparte huis op die perseel woon.
Let wel dat daar 'n gedeeltelike grondpad na die instansie lei. 
Eyrie Birding Accommodation het ‘n paar trappies wat na twee van die kamers lei en dalk nie vir klein kinders, bejaarde gaste of gaste met gestremdhede geskik nie. 
Gratis WiFi beskikbaar. 
Selfoonsein is beperk in die berge. 
Daar is nie 'n TV nie. 
Daar is nie 'n swembad nie. 
Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. 
Rook is verbode.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking