KONTAKBESONDERHEDE Email: eyriebirding@gmail.com Tel. / WhatsApp: +27 632069362 Plot 4 Moepel Road, Kampersrus, Limpopo, Suid Afrika, 1371 https://www.google.co.za/maps/dir/-24.5307591,30.8848895//@-24.4625768,30.3481798,152702m/data=!3m1!1e3!4m2!4m1!3e0?hl=en
Vir jou alleen, geen ander gaste! Eyrie, "arendsnes" bied voëlkykers-vriendelike self-sorg akkommodasie vir “rustic” verblyf in Kampersrus, hier in die Limpopo/Mpumalanga Laeveld. Geleë teen die hange van Mariepskop, naby die Kruger Nasionale Park, die Blydepoort Canyon, en binne die Kruger-to-Canyons Biosphere. Die eenheid is slegs as geheel beskikbaar en ingerig vir tot agt gaste, vier gastekamers met aansluit badkamers en dubbel-beddens. Drie kamers het elk ‘n buitedeur na die tuin.
Menu
▼
Vrydag 25 September 2020
Maandag 21 September 2020
Spesiale Aanbieding - November 2020
Spesiale Aanbieding: November 2020:
R 1 600.00 per nag, vir die volle gaste-eenheid wat 1 tot 8 mense kan akkommodeer. Self-sorg met kombuis en eetkamer.
Aanbieding sluit in:
- 4 x Slaapkamers elk met On-suite badkamer. Drie kamers met dubbelbeddens en een kamer met twee enkelbeddens. Drie slaapkamers met eie stort, wasbak, toilet en bidet en een slaapkamer met bad, stort, toilet en bidet.
- Kombuis met mikrogolfoond, yskas, elektriese ketel, stoof en wasbak.
- Eetkamer met tafel en sitplek vir 8 mense.
- Braaiplek, buite stoep stoele en tafel.
Vrydag 18 September 2020
Welkom in die bos!
Berg, bos, klowe, strome, wind, sterre, son, lug, uitsigte oor die Krugervlaktes! Voëls, Skoenlappers, Insekte, Muishondjies, Samangoape, Nagapies, Bobbejane, Muskeljaatkatte, Bosbokkies, Duikers, Ystervarke en meer!


